|

Roete na Deneysville / Routes to
take to Deneysville
Hierdie oord is in Deneysville langs die Vaaldamwal. Dit is 'n gevestigde oord en die nuwe eienaars, Phillip en
Kathy het groot verbeteringe
aangebring en is nog besig om die oord te opgradeer.
Baie aandag is aan
ablusies gegee.
'n Kroeg met 'n
restaurant, DSTV en pooltafels is ook op die oord beskikbaar.
'n Groot Swembad vir
kinders is ook beskikbaar.
Hierdie is een
van min oorde met bome
op die oewer in het 'n kaai
in perdehoef vorm vir bote. Lae
vlak van die water in party winter seisoene het geen uitwerking op hengelaars nie, aangesien hulle nog toegang
het tot diep water vir ingooi.
Hengel en Woonwaklubs is baie welkom om hulle saamtrekke
by die oord te kom hou. Daar is 120 staanplekke beskikbaar.
Akkomodasie is ook
opgegradeer en bestaan uit ses rondawels
wat elk vier persone kan akkommodeer. Daar is ook 10 karavane langs die oewer, onder afdakke, met skadunet en eie braaier. Elk het 'n dubbel bed en twee enkelbeddens.
Daar is ook 'n yskas in elk. Bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Vir meer inligitng kontak Opsigter 082 677 9752
|